Trots Oudtshoorn Trots Oudtshoorn
Vroueveiligheid · Ons Fokus vir Hierdie Uitgawe Women's Safety · Our Focus for This Edition

Laat vroue sonder vrees huis toe stap Let women walk home without fear

Betogers hou plakkate op teen geweld teen vroue. Protesters hold up placards against violence towards women.

Sewe vroue se liggame in twee maande in een streek. Die land se syfers is onverbiddelik — en die werk om dit te verander begin ook in dorpe soos ons een. Seven women's bodies in two months, in one area. The country's numbers are unforgiving — and the work to change that starts in towns like ours too.

Sedert Julie is die liggame van sewe vroue in en om Kempton Park en die groter Ekurhuleni-gebied, oos van Johannesburg, gevind. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 'n openbare waarskuwing uitgereik en vroue gevra om versigtig te wees met aktiwiteite soos alleen draf in die gebied. Since July, the bodies of seven women have been found in and around Kempton Park and the greater Ekurhuleni area, east of Johannesburg. The South African Police Service has issued a public warning and asked women to be cautious with activities such as running alone in the area.

Die polisie sê die sake toon genoeg ooreenkomste om kommer te wek, maar het nog nie bevestig dat een persoon verantwoordelik is nie. 'n Multidissiplinêre ondersoek is op die been gebring om te bepaal of die sake verband hou. Waarnemende polisieminister Firoz Cachalia het die ontdekkings "diep ontstellend" genoem. Police say the cases show enough similarities to raise concern, but have not yet confirmed that one person is responsible. A multidisciplinary investigation has been set up to determine whether the cases are linked. Acting police minister Firoz Cachalia called the discoveries "deeply disturbing".

Dit is nie 'n Gauteng-storie nie. Dit is 'n Suid-Afrikaanse storie, en dit raak elke dorp — ook Oudtshoorn. This is not a Gauteng story. It's a South African story, and it touches every town — Oudtshoorn included.

Vroue vermoor · Apr–Jun 2026 Women murdered · Apr–Jun 2026

569 569

Verkragtings aangemeld dieselfde kwartaal Rapes reported same quarter

9 201 9 201

Vroue wat aanvalle oorleef het Women who survived attacks

1 052 1 052

Bron: SAPD-kwartaalmisdaadsyfers vir April–Junie 2026. Van die 9 201 verkragtingsake was 8 814 slagoffers vroue en kinders. Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord is verlede jaar as 'n nasionale ramp verklaar. Source: SAPS quarterly crime statistics for April–June 2026. Of the 9,201 rape cases, 8,814 victims were women and children. Gender-based violence and femicide were declared a national disaster last year.

Adverteer In Brokkies Advertise In Brokkies

Wil jou besigheid soos die advertensies in hierdie uitgawe verskyn? Brokkies bereik lesers regoor Oudtshoorn, elke uitgawe. Kontak ons vir pryse en beskikbare spasies. Want your business to appear like the ads in this edition? Brokkies reaches readers across Oudtshoorn, every edition. Contact us for pricing and available slots.

Adverteer in Brokkies ↗ Advertise in Brokkies ↗

Deel Hierdie Storie Share This Story

WhatsApp Facebook
Lees die volledige uitgawe ↗ Read the full edition ↗

Skrywer, ontwerp & samestelling van Brokkies: Writer, design & compilation of Brokkies: Wayne Maarman

In Vennootskap Met In Partnership With

Cango Photography Eden FM